Die verhaal van Jesus se mense stel
R 924.00
-R 1,084.00
Beskrywing
Die verhaal van Jesus se mense teken die merkwaardige geskiedenis van God se kerk vanaf die eerste eeu tot vandag op. Jong kinders sal betower word deur die wonderlike verhale van konings en keisers, sendelinge en moeders, gewone mense, en selfs klein kindertjies wat deur God gebruik word om Sy koninkryk op aarde uit te brei. Van Athanasius tot David Livingstone, van Martin Luther tot hedendaagse Bybelsmokkelaars, jong lesers sal hulle verlustig in die opwindende en aksiebelaaide verhale wat in hierdie bundel ingesluit is.
Van die hart van Afrika tot die bevrore woesteny van Groenland, is die verhaal van Jesus se mense in fassinerende detail opgeteken, maar tog in taal wat eenvoudig genoeg is vir kinders om te verstaan. Groot kampioene van die geloof soos Martin Luther en Alfred die Grote staan saam met minder bekende helde soos die negejarige koning Edward, die vreeslose Kapiolani van Hawaii, en Paul Sawabe, die Japannese samoerai wat alles vir Jesus Christus opgeoffer het. Hierdie verhale van die magtige manne en vroue van die verlede sal verseker 'n nuwe generasie inspireer en aanmoedig om sterk te staan in die goeie stryd terwyl hulle voortdurend na Jesus, die Outeur en Voleinder van hul geloof kyk!
Sluit in
Hierdie stel sluit in: